Per Abuis Muis

Met arme Margaret van Wyk se koek op almal se lippe (excuse the pun) het ek gedink ek wil darem ook my sê hê. Ja, die land gons oor haar dons (of, “lack of”). Eks nie verbaas dat die per abuis muis so opslag gemaak het nie. Jannie Kotze het altyd gesê net voor hy sy eerste sluk vat: “P@%$ is koning, maar brannewyn, hap hap hap so aan sy gat!” As ek so na die reaksie van die volk kyk is dit waarskynlik nog steeds die waarste woorde ooit gespreek!

Vir die wat nie weet nie… Waar was jy die afgelope paar dae? ‘n Vrou van Schweizer Reneke met die naam Margaret van Wyk het perongeluk ‘n foto van haar onderliggende self, wat vir haar man bedoel was, op die skool se WhatsApp Hokkie groep gepost. Die hele petalje kan die beste opgesom word met Marieta Badenhorst se “Sjoe” net daarna!

IMG_5130

Dit laat my dink aan ‘n grappie wat destyds die rondte gedoen het. Kan nie presies onthou hoe hy loop nie maar dit gaan so iets. Die ou oom en tannie op ‘n klein plattelandse dorpie, kom ons sê maar, Schweizer Reneke, het besluit om ‘n proef juffoutjie by hul te laat loseer. Sy het uit die stad gekom en was half “hippie”-rig en meer libiraal as ‘n naak strand, terwyl die oom meer konserwatief was as Verwoerd homself.

Een aand vra die tannie of sy solank vir die dogter ‘n bad kan tap terwyl sy besig was om opstelle te merk. Die tannie het net die krane toe gedraai toe kom die meisie by die badkamer in en begin sommer haar klere uit trek. Syt ook geen skaamte dink die tannie en merk ook dadelik op dat sy taamlik bloots is suid. Met die die dat sy so modern was, was alle “fur” verwyder, onderandere daar waar dit saak maak. Die tannie het net so vinnig met ‘n halwe oog geloer en toe is sy die badkamer uit.

Die aand terwyl sy en die oom in die bed lê vertel sy hom van die gesig wat sy vroeër die aand aanskou het. “Heeltemal kaal?” vra die oom. “Kaal, kaal, kaal soos jou voorkop”, sê die tannie. Daai aand kon die oom omtrent nie slaap nie. Heel nag het die kaal muis by hom gespook! Die volgende oggend vra hy toe vir die tante of dit nie moontlik is vir hom om die ding te sien nie, want hy kan dit nie glo nie. Die tannie wou eers niks weet nie. Heel dag drentel die oom toe half krom op die werf rond met ‘n swaar hart soos iemand wat hewig ontstig is. Hier teen die middag stem die tannie toe maar in om die oom te help, want sy kon sien hys oppad graf toe soos die ding hom pla. Hulle beraam toe ‘n plan.

Die oom het die aand ‘n kerkraads vergadering gehad. Hy moes sorg dat hy so teen agt uur by die huis is, maar hy moenie inkom nie, hy moet by die badkamer se venster gaan wag. Die tannie sal dan weer aanbied om vir die dogter ‘n bad te tap en sy sal die badkamer venster so op ‘n skrefie ooplos. Dan kan die oom loer hoe lyk die besigheid sodat hy gerustheid vir sy hart kan kry. Min het hy geweet…

Ses uur is die oom daar weg oppad vergadering toe met ‘n huppel in sy knuppel. Hy’t nie eers die tuinhekkie oopgemaak nie, sommer bo oor gebokspring. Hy sou later vertel dat dit die laaangste vergadering was wat hy in sy lewe bygewoon het. Die dominees kon sê net wat hy wou die oom het niks gehoor nie. Nie eers Salomo se Hooglied en “jou borste is soos twee jong takbokkies” kon hom van stryk bring nie. Hy was gefokus op een ding en een ding alleen.

Uiteindelik het agtuur gekom en word die bad toe getap. Die tannie sê toe vir die meisie dat sy kon nie help om gisteraand op te merk dat sy heeltemal kaal “daar” is nie, en dat dit vir haar baie vreemd is. Sy wou ook weet of dit ok sal wees as die meisie weer vir haar wys hoe hy lyk. “No problemo” sê sy terwyl sy haar broek aftrek en staan toe sommer so half trots vorentoe met die “bonnet” dat die tannie (en die oom) mooi kan sien.

Sy’t net in die bad geklim toe vra sy die tannie of ‘n mens grys raak daar “onder” as jy oud word. Die tannie was maar half skaam maar aangesien sy die ding begin het, het sy geen ander keuse gehad as om “ja” te andwoord nie. “Amasing”, sê die juffrou, gevolg deur ‘n nuuskierige, “kan ek sien?” Die tannie wou nie, maar sy het gevoel dat sy nou half verplig was aangesien die juffroutjie nounet so entoesiasties met haar gedeel het. So lig sy toe maar die rok op, trek die bloomer af en “flash” die grys kat.

Die aand toe die tannie in die bed klim sien sy die oom is niks lekker nie. Sy kon nie wag om te hoor wat hy dink van die gedoente nie. “Pappa het jy gesien?” vra sy. Maar die oom sê niks, meer beswaard as Genis hom self. Wats nou fout wou die tannie weet, “kon jy nie sien nie?” Na ‘n ongemaklike stilte brom die oom toe, “ja ek het gesien, maar ek weet nie hoekom jy jou koek vir die hele kerkraad, en die dominees moes wys nie…”

 

Margaret se ongelukkie is net ‘n moderne weergawe van wat met die tannie gebeur het. ‘n dood eenvoudige glips. In my oë is sy ‘n legend! ‘n Vrou van haar ouderdom wat nog foto’s van “haarself” stuur vir haar man verdien ‘n medalje. Sy moet joga of iets doen want net die feit dat sy nog soepel genoeg is om ‘n foon in so ‘n posisie te kry en nog ‘n foto ook kan neem is al klaar ‘n “accomplishment”. Dat sy nie haar heup uitgehaak het nie is ‘n wonderwerk!

Ons Afrikaner volkie is tog so preuts, dis g’n wonder dat die hele land in rep in roer is oor die poespas (ok, ok, pun intended) nie. Ons is tog so ordentlik dat ons nie eers kan praat oor seks, of vaginas sonder dat tannie Betsie haar nek afruk nie. Wat Mev Van Wyk onbewustelik reggekry het was om die hele land aan die praat te kry oor die natuurlikste ding op aarde. Ja ons spot daarmee, dis wat ons doen, maar sy het sonder dat sy weet gehelp om af te breek aan die konserwatiewe seks muur waarmee ons afrikaanse mense sit. Dit was nou wel nie die mees subtiele manier om ons aan die praat te kry nie (wel die roemrykste) maar dalk was dit nodig om ons neuse bietjie te vryf in die… onderwerp!

Die dag as almal klaar ge-zoom het en die stof gaan lê het gaan ons lekker saam lag oor die dag toe Margaret van Wyk ons oë laat traan het met haar, per abuis muis…

Hier is die beste memes…

 

Advertisements

2 Comments

  1. Net Ek

    Ek skree ook uit volle bors “GO MARGARET GO!”

    Ag en die ou bleddie preutese tannies gee my so kramp in my gat. Want kom ons wees nou maar eerlik, daar is BAIE Margarets, almal wil dit net nie erken nie. Almal stuur dit nie per ongeluk na die verkeerde nommer of group nie, dis al.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s