Lekker Meisie

Iemand het eendag gesê, of ek het dit gelees, kan nie “lekker” onthou nie, dat die woord LEKKER is Afrikaans se mees omskrywende woord. Want, het die bra gesê, jy kan amper die woord proe. Lip lek lekker!

Nou hoor ek die ander dag ‘n vriend se vrou was vreeslik “offended” oor hy gesê het ‘n meisie is lekker… Soos ek en my Ingelse vrinne op Varsity gesê het, “don’t take offence, take a gate”! Lekker is lekker en daar is geen bedoelings daarmee anders as dat ‘n meisie mooi lank en maer is nie.

Kort meisies kan ook lekker wees maar nie so kort dat hul regop onder deur ‘n hekkie kan stap nie.  Dwerg mensies kan nie lekker wees nie, behalwe natuurlik vir… Dwergies! Ronde meisies kan lekker wees, as jy marsmallows verkies bo suiker strootjies, wie is ek om te “judge”?

Jy kan ook gedeeltelik lekker wees. Een ou dink jou boude is lekker die ander jou boobs, dit hang maar net af van wat hulle as lekker beskou. Dalk het jy lekker oë, ‘n lekker smile, of lekker bene. Passop vir ‘n lekker persoonlikheid…

Bo Derek en Megg Ryan was lekker, Stacy’s mom is lekker.

Om dit in trappe van vergelyking te stel Jessica Alba is lekker, Jennifer Connely is lekkerder, maar Olivia Wilde is die lekkerste! Die Suid Afrikaanse “Celeb” trappe sal so loop… Charlize Bergh is lekker, Karlien Van Jaarsveld is lekkerder, maar Minkie is die lekkerste (Minkie wen altyd).

So moenie jou panty in ‘n  knoop kry nie, ons gebruik net die woord om ‘n “hot” meisie in goeie Afrikaans te beskryf, sonder enige bybedoelings…

Ok dan, lekker dag, jou lekker ding!

3 thoughts on “Lekker Meisie

  1. Volgens my Tweetalige Skool-woordeboek is ‘lekker’ SWEET in Engels. Ek stem saam met jou: LEKKER beteken so veel meer en is een van daardie Suid-Afrikaanse woorde wat nie kan vertaal word nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s