My matriek senior, Pieter Bok (rammetjie uitnek van Garries), het my na sy kamer toe ontbied. Sy kamermaat, Mark of, Hans Khaki (windgat engelsman van die Kaap) het my net so staan en kyk. As ‘n snotkop st7 laaitie was ek maar effe senuweeagtig en het nie geweet wat om te verwag nie. Die taktiek was om my bek te hou, net te praat as daar met my gepraat word en hard te lag elke keer as die st10 manne ‘n grappie maak.
Pieter Bok was ook bekend as Turtle. Hy het kleintyd sy linker hand in ‘n stroper gedruk wat sy vingertjies kort afgeknip het. Wanneer hy ontsteld, so staan en beduie het met die linkerhand, het hy kompleet nes ‘n ninja turtle gelyk wat reg was vir karate! Hyt my so staan en kyk en gesê, “Jy lyk of jy ‘n lekker kak bynaam nodig het, Blikkies, klink kak genoeg vir my”! Hans Khaki het sy kop in “approval” geknik en soos die ingelsman sal sê “the rest is history”.
Ek’s gedoop in die Vryburg NG Kerk as Isak Petrus Gerber, maar die familie noem my Gerbie. Op laerskool is ek Sakkie of Klein Sakkie (na my pa) genoem. In st6 is ek Oakdale toe, waar ek Trol genoem is. Ek dink dit het verwys na my ore, maar eks nie seker nie. Aan die einde van st6 het my ma hulle toe Lambertsbaai toe getrek en moes ek Hoër Landbouskool Augsburg toe.
Al was ek in st7, was ek nuut en moes ek weer deur die hele doop gaan. Dit het alles ingesluit, van ‘n klip dra skool toe vir ‘n maand lank, tot ‘n modderbad, dennetol resies en ‘n bakoond. Almal op skool het ‘n bynaam en ‘n “guy”naam (grap naam) gehad. Jou bynaam was jou “naam” en jou “guy” naam was wat hulle jou agter jou rug genoem het. My bynaam was Blikkies en my guy naam Trol, Eenoog, of Cyclops…
Vir elke bynaam was daar oor ‘n spesifieke klank wat met die naam gepaard gegaan het. As jy jou rug draai sou iemand dan die klank na maak. Pouses het gewoonlik bestaan uit ‘n koor van bulk, blêr en kekkel. Om beeste, bokke en hoenders na te maak is een ding, maar watse klank maak ‘n Boesman dan? Ons oplossing was “Zoepdoep”. Zoep, was die klank wat sy pyl maak as hy die boog verlaat en Doep, wanner hy sy teiken tref.
Onderwysers is nie gespaar nie. Op Oakdale het ons ‘n Willie Pan (blink voorkop), Chief (hy was hoof) en Stormdrol (baie moeilike man) gehad. Op Augsburg ‘n Jaw (lang kakebeen), Doppies (kort soos ‘n .22 doppie), Kanker (ek weet nie hoekom nie) en Skapie! Mnr Du Toit was ons skoolhoof en het oor die jare die bynaam Skapie gekry as gevolg van sy liefde vir merino boerdery. Hyt kleintyd onder ‘n trekker beland wat veroorsaak het dat sy een been korter as die ander was, met die gevolg dat hy ‘n platvorm onder sy een skoen gehad het. Sy guy naam, wat na die klank en die voet stut verwys het, was Tokkie Blokvoet! Partykeer as disleksie ons oorweldig het, het ons sommer van Blokkie Tokvoet gepraat.
Okkie Maas, was ons engelse onderwyser. Hy kry se eie paragraaf want hy was, en is, ‘n absolute legende. Hy was die 8ste kind, en ek dink sy ma hulle het net uit name uitgehardloop, toe noem hulle hom sommer Oktaaf wat later Okkie geraak het. Sy guy naam was Wolneus, wat verwys na die half akker hare wat op sy neus gegroei het. Maar, hy moes eintlik hare op sy tande gehad het met ons, en ons boere Ingils. Hy het gereeld na ons oorspronklike taal gebruik verwys as “Augsford english”. Eenkeer vertel hy ons van ‘n ou wat saam met hom geswot het wat so lelik was, sy bynaam was Mens. Net sodat jy nie ‘n fout sou maak, en hom vir ‘n gedierte aansien nie.
Van karakters was daar nie ‘n tekort aan nie. Danie Kat, of Danie Waslap, soos wat hy later gedoop is, het van Brandvlei af gekom. Die eerste keer wat hy in die koshuis moes stort het hy die koue kraan oopgedraai, natgeraak, en toe weer die kraan toegedraai. Hy’t homself seep gesmeer en toe net vinnig afgespoel. Dit was vir ons bitter snaaks en onaardig, maar sy mense het nie geken van water nie, en nog minder van stort. Nie dat hulle vuil was nie, hulle was net meer van die waskom tipe. Ons het sommer net daar en dan besluit dat hy leer swem het op ‘n waslap.
Piet Sekel Neus en Jannie Suigvis was dik pêlle. Piet het lekker gebrei en was bekend vir sy neus, onder andere, maar ook vir sê goed soos, “jou ouma se ondegrok is vol uil stgront”. Hyt van Elandsbaai gekom en op ‘n keer het Jaw hom gevra, “Piet, hoeveel kreef mag man uithaal?”, waarop Piet geantwoord het, “Nee Jiggre meneegr, soveel jy kan dgra!” (Piet het na skool ‘n kreef spietkop geraak).
Kinders is genadeloos en as jy ‘n defek het of iets wat anders is as die normale, gaan dit uitgelig word. Suigvis het gekom van die manier hoe Jannie se mond gevorm was. As hy gesmile het, het hy amper soos Bubba Gump gelyk, met sy mond toe het sy tanne nogsteeds nat gereën!
Willie Wolhol sê als en is beskrywend genoeg. Op ‘n stadium het daar ‘n klomp diensjaar studente by die skool aan gekom. Een aand vra een van die manne toe vir Willie of hul vir hom kan bid. “Ja dis reg”, sê hy toe, maar begin dadelik wegstap van die gesprek. Toe die man wil weet, “Wat nou?” sê Willie, “nee ma bid maar solank, jy praat in elkgeval mos nie met my nie”!
Dan was daar natuurlik, soos wat dit maar gaan in ‘n seuns koshuis, ‘n hele paar byname wat te doen gehad het met die manlike anatomie. Daar was ‘n Mamba (‘n mamba is ‘n swart slang), Concord (hyt mos so skewe koppie), Sasol (‘n pomp op elke dorp), Raka (half mens, half dier, met sy ses yster wat in die sand sleep) en Ryan Checkers. Die man se anatomie het so effe na regs gehunker, eintlik, as ek nou eerlik is, was die ding heeltemal skeef! Toe begin Checkers ‘n reeks advertensies met die slogan, “Net om die hoek”… Van Ryan Gewoon tot Ryan Checkers in 15 sekondes!
Op ons eerste dag van wol klasering in st7, het Skapie ‘n stuk wol in ‘n bol gerol, sy sakdoek styf oor die bol getrek en toe vir Japan (hyt sulke skrefies oê gehad, nes ‘n japsnees) gesê hy moet kom voel. Terwyl Japan die bol versigtig met sy duim en wysvinger druk, sê Skapie toe, dit, is hoe ‘n bors voel. Japan, met sy oë meer geskrefie as normaalweg wou toe weet wat ‘n bors is? Byl (sy gesig was so skerp, hy kon water uit ‘n bicycle spoor drink) het hardop geskree, “TIET Japan”! Net daar kry die bol wol toe ‘n vol handige betasting en ons almal skater lag. Die res van die dag kon jy met ons niks maak nie, al wat ons wou doen is bolle wol “squeeze”! As ek reg onthou, het iemand op ‘n stadium gevra, waar man ‘n pienk sakdoek in die hande kan kry…
Bytel Boeliebeef was eintlik Koos Nel wie se oorspronklike bynaam, net Bytel was as gevolg van sy twee voortande. Kyk, hy kon ‘n budgie deur sy hok dood byt. In elk geval, ons het so splinter nuwe wiskunde juffrou gekry, vars van die onderwys college af. Haar bynaam was Gans, syt so manier gehad om haar agterstewe te swaai terwyl sy stap. Met die dat sy effe geset was het sy natuurlik ‘n paar robuuste buuste gehad (Buuste, borste, kanne, noem dit wat jy wil, ons het sommer van tiete gepraat).
Op ‘n pragtige lente dag verduidelik Gans toe vir Bytel van Phatagoras en sy buk so bietjie laer as wat sy moet, met ‘n lae hals toppie. Met die, staar haar wulpse tweeling toe taamlik verlydelik na hom. Hyt eers so half skelm geloer maar later sommer net, amper met sy tong uit, skaamteloos gestaar. Toe pouse aanbreek kon hy dit net nie meer hou nie, en is hy reguit badkamer toe.
Daar vang James Fungi (hy was maar skaam vir bad) hom toe besig om van sy frustrasies ontslae te raak. Bytel het sy gat af geskrik, en vir James belowe dat, as hy sou stil bly, sou hy vir James ‘n blikkie boeliebeef gee. Vir Fungi was die versoeking net te veel en hy handloop toe tot in die middel van die vierkant en skree so hard as wat hy kan, “Bytel is besig om handjie te maak in die badkamer, en hyt gesê as ek stil bly, sal hy my ‘n blikkie boeliebeef gee!!!” Koos Nel sal dood eendag, as Bytel Boeliebeef!
Afrikaners en Afrikane het maar ‘n manier om alles ‘n bynaam te gee. Dis wie ons is en is deel van ons kultuur. Partykeer kry jy een wat “nice” is en soms een waarvan jy nie hou nie, daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Glo my goed, hoe meer jy skop en hoe kwater jy word, hoe langer gaan jou bynaam by jou bly. Sien dit eerder so… Ons lag oor als, ‘n bynaam se intensie is nie om te verneder nie, maar eerder om die humor in ‘n situasie, of ‘n ligaamsgebrek (of tekort), te sien. Lag saam en wees gelukkig!
Opgedra aan al die Augsburgers, maar veral die klas van ’95…

Bo LnR: Korkie, Vleidonkie, Engeltjie, Volstruis, Fusch, Kieriekop, Bazoeka, Blikkies, Danie
Voor LnR: Kuifie, Kraai, Ewald, Sool
Ha ek het nou lekker gelag oor al die byname!
LikeLiked by 1 person