Renetjie en haar “G&T”

Featured

As mens so op die strand staan ontmoet jy soms die "random"ste mense en sien jy partykeer die "weird"ste goed. Ek noem dit sommer "random beach encounters" of vir die "purists"... lukrake strand ontmoetings. Hier is een van so bietjie minder as 'n jaar gelede... Renetjie en haar "G&T" Dit was middel Desember en seker … Continue reading Renetjie en haar “G&T”

Bakvissie

Featured

'n Bakvissie is 'n giggelende tiener meisie wat nou net begin bra dra het en bloos vir woorde soos "wurm" en "wors"! Maar die stuk gaan nie oor bakvissies nie, dit gaan oor 'n regte vissie wat gebak is, of gebak gaan word. Ek kan nou nie soos Armand Kaal Kook nie, maar ek kan … Continue reading Bakvissie

groot VIS stories

Featured

Ek onthou as kind was daar een keer 'n getekende spotprent in die huisgenoot. Twee vissermansvroue sit en gesels in die sitkamer terwyl hul tee drink. Bo die een vrou se kop was 'n bubble met 'n pyltjie na haar mond wat sê: "hier kom hy alweer met een van sy groot vis stories"! Die … Continue reading groot VIS stories

Rooi oog gedrog

Featured

Ek was besig om die laaste vis skoon te maak wat ek vroeër die aand gevang het, toe ek 'n ritseling hoor in die bosse bo my. Nou ek is bank vir niks, behalwe vir honderdpote, koringkrieke en ritselings in die bos! Ek was aan die onderkant van 'n sand duin waar ek laat middag … Continue reading Rooi oog gedrog

Kwaaimans

Featured

Ek was bevoorreg om in George groot te word, ons het eers einde st6 Lambertsbaai toe getrek. Sê altyd ekt geleer praat in die suidkus en geleer vloek op die weskus. Maar die is gelukkig (of ongelukkig) nie 'n vloek storie nie, die is 'n Kaaimans groot vis storie... My naweke as nat-agter-die-ore-snotkop-kind is spandeer … Continue reading Kwaaimans

Ma se hare

Sê ek mos toe ek op 'n vlam warm dag 'n slukkie ys koue bier vat: "sjoe dis lekker, MA SE HARE!" Sal die een aangetroude vroumensie nie omtrent haar kop af ruk soos sy haar bose "judgmental" oë in my rigting slinger nie. Syt my een van DAAI kyke gegee, soos wat jy sal … Continue reading Ma se hare

Doom Profeet

Ek weet nie of ek moet lag of huil nie... Daars 'n priester (prophet Lethebo Rabalago) wat mense van sy gemeente (AK Spiritual Christian Church) met Doom spuit om "evil spirits" uit te dryf. Nie toilet spray of Windowlene of Mr Min nie, fkn DOOM pappa! Blykbaar spuit hy sommer vir alle kwale van voetskimmel tot stres … Continue reading Doom Profeet

Misverstand op Misverstand

Ons het besluit ons moet 'n slag gaan kyk wat swem in Misverstand dam. Na 'n bietjie navorsing en rondvrae het ons twee regte pap swaai visse in gedagte gehad. Karp en Baber sou daar gevang word. Al was dit middel Augustus en nog vrek koud in die aande het ons besluit om te kamp. … Continue reading Misverstand op Misverstand

Theewaterskloof dam duikers

Featured

Een aand ry ons deur Theewaterskloof dam toe om te gaan visvang. Dit was weer een van daai aande wat rustig begin het en toe raak ons aan die visvang praat. Voor ons ons kon kry was die stokke gepak en was ons by die BP besig om "cheese grillers" te koop vir padkos. Dis sommer vinnig … Continue reading Theewaterskloof dam duikers

Die Panty Bar

Kyk die tuin roete is mooi en al die verskillende wyn roetes in die Boland is lekker, maar nie een van hulle kan bottel vashou by die Weskus Panty Roete nie... Nie dat daar "officialy" so roete is nie, maar daar kan net sowel wees want geen bar in die weskus het nie 'n panty … Continue reading Die Panty Bar