Saterdag speel ons die All Blacks en visvang het so bietjie afgeskuif op my prioriteitslys. Ek moet sê ek het ‘n rukkie gevat om RWC gees te vang. Na die verloor teen Japan was ek skaam kwaad vir die lewe en veral vir enige iets groen en goud. Ekt geweier om slaai te vreet vir ‘n week en Goldie, die goudvis is amper by die toilet af gespoel. Dit het my diep geruk, en siels ongelukkig gemaak. Verloor is een ding, maar teen Japan, WTF! Om met rugby teen Japan te verloor is soos vir Oscar om Hussain Bolt te wen sonder sy blades. Al hoe dit sal gebeur is as OP vir HB met ‘n rollie in die drollie dreig. Too soon?
O, en toe het die Snor ook mos baie te sê gehad. Heineke dit en Meyer dat… Jyt jou kans gehad, hou nou jou bek asseblief. “By the way”, ek weet nie hoe die ander Bok ondersteuners voel nie, maar jy wat jouself vereenselwig met manne wat dink dis ok om ‘n Bok trui te brand, jy het al MY respek verloor. Die bietjie wat ek vir jou as mens gehad het, het saam met al die brue wat jy afgebrand het verdwyn. Jy glo nog steeds dis as gevolg van rassisme dat jy nie werk kan kry nie, shame. Piet, die waarheid is, dis oor jy ‘n kak “coach” is, dat jy nie werk kry nie. “Sorrys, but trues”! Gaan klim op ‘n tamatie kissie en kyk bietjie ‘n slag in die spieël, dis nou as jy verby daai knaagdier op jou lip kan sien, en vra jouself, “Is dit hoe ‘n eerbare eks bok afrigter optree?” Jys ‘n verleentheid vir die trui en vir Suid Afrika. Vir my is jy in dieselfde kaliber as daai Watson mannetjie wat op sy boktrui gekots het (of wou gekots het). Nogal ironies dat julle altwee julle plekke as gevolg van politiese agendas gekry het. Julle is laer as slang bollie op die see bodem en net onder julle, met ‘n kort koppie, is Tony Ehrenreich (het ek sy naam reggespel, wie gee rêrig om?). Wat ‘n absolute boks!
Wat my selfs meer bedonnerd gehad het was die “comments” van die Suid Afrikaanse, All Black supporters. Hoe kan ‘n mens in elk geval in SA bly maar vir die All Blacks skree? Dis amper so erg soos om in die Kaap te bly en vir die Bulle te skree. Hoe is dit moontlik dat jy gebore word in die skadu van Tafelberg en dan ‘n paar jaar later hop jy op en af en skater lag jy van die lekker omdat die All Blacks die bokke op Nuweland geklop het. Waar is jou trots, jou lojaliteit, jou selfrespek? Ek weet, iewers binne jou voel jy skuldig (al sal jy dit nie erken nie), want ons altwee het onder moeder Suid Afrika se son groot geword en die Bokke is so deel van ons soos braai.
Ek weet ook die Springbok mag vir sommige ‘n apartheids simbool wees wat kan bydra tot die belaglike verraad. Maar kom ek vertel jou vandag, die Sprinkbok het al meer gedoen in Suid Afrika om mense van verskillende kleure en geure te verenig as enige iets of iemand. Dit bly egter ‘n vry land en jy kan skree vir wie jy wil, solank dit net vir die bokke is! Asseblief kom oor jouself, dis tyd om aan te beweeg.
Ok, nou voel ek beter!
Die Maandag oggend na die verloor teen Japan sien ek ‘n Facebook “post” wat die Japanese Admiraal Isoroku Yamamoto aanhaal na die aanval op Pearl Harbour: “I fear all we have done is to awaken a sleeping giant and fill him with a terrible resolve.” Dit was asof daar ‘n kalmte oor my gekom het, en ek het eenvoudig besluit om die verloor af te skryf en noord te kyk. Ek het geweet, as die reus ontwaak gaan ons ‘n ander “game” sien. Ons weet tog almal, ten spyte van wat die wêreld ranglys sê, daar is net een span wat die All Blacks kan klop en dit is die Bokke.
En het hulle nie geslaap nie, jy kon hulle hoor snork tot in Struisbaai! Dis asof ons nogsteeds babelas gehad het na ons swak vertonings vroeër die jaar, amper asof ons ons identiteit verloor het.
Met een oog nog toe en die ander vol olifant mis het ons Samoa kaf gedraf. Besig om in die stort te klim is Skotland afgewas en toe met koffie in die regterhand het ons die US of A sommer vinnig afgesluk. Ons het ons tande geborsel en was reg vir die kwart finaal.
Saterdag was dit Wallis se beurt, maar ons was nog nie heeltemal wakker nie. Ek dink nogsteeds die Bokkie was besig om die draak te steek (no pun intended). Hulle het nog nie vir ons gewys tot wat hulle in staat is nie. Dalk is dit taktiek? Ons is veronderstel om met Wallis te maak wat die All Blacks met Frankryk gedoen het. Maar nee, nie my geliefde Bokke nie, hulle moet jou mos eers jou gat laat af stres voor hulle wen. Ek het behoorlik met kort gekoude vingertjies ‘n vol pakkie Camel blue ge-“doubleclutch” en net-net die game oorleef. Na die tyd moes ek vele koues mond tot mond gee net om reg te kom. Ons het gesukkel maar gewen, en ewe skielik is die GEES terug.
Saterdag is “HUGE”, dis “HUMONGOUS”! Dis nie aldag wat jy ‘n Curry Beker finaal kry as ‘n opwarmings wedstryd vir ‘n wêreld beker semi finaal nie. Dis mal, maak klaar vir ‘n grote, kry jou koue goed reg dit gaan ‘n lang warm dag wees. Vir die voor wedstryd skree ek natuurlik Province al die pad. As ons eerlik is, sal dit ‘n “upset” wees as WP die Leeus se sterte kan knoop. Maar daar is altyd ‘n kans, ek bedoel, Japan het al die Bokke gewen (ja, eks nog nie oor dit nie). ‘n Sakkie droë bokkoms en ‘n samoesa…
Dan die hoof wedstryd, Bokke vs All Blacks, “the ultimate test”! Manne, skud julle koppe dat julle ore jul kan wakker klap, drink Red Bull, smeer terpentein aan jul agterstewe, doen net iets. Saterdag kan julle nie half aan die slaap wees nie, julle sal op julle beste moet wees. As daai swart masjien eers aan die gang kom gaan ons sukkel om hom te stop. Bel ve Piet van Zyl, of Suzie, of generaal Delarey, kry enige hulp wat jul moet. Luister Ramstein, of Slipknot of Steve Hofmeyer, enige iets, solank dit jou adrenalien laat spuit soos ‘n gebarste water pyp.
Hulle kan geklop word. Geen span hou van onder druk speel nie, maar veral nie die ABs nie. Hulle is so gewoond aan spasie dat as jy dit begin beperk kom hulle wiele af. “Basics boys, basics”! Tackle laag en hou jou oë oop. As jy nou vir een oomblik dink jy kan vir Julian Savea om die bors “tackle” gaan jy die volgende Mike Catt wees. O, en asseblief moenie onnodig bal weg skop nie, as daai “backline” van hulle aan die gang kom gaan ons probleme hê!
Maak nie saak wat gebeur nie, weet net ons is lief vir julle en trots op julle. Ons staan agter julle maak nie saak wat nie. Dit gaan nie maklik wees nie, doen alles wat mal is! “Be bold be brutal, let your freak flags fly, enter the ninja and let the dogs out!” Die hele land staan agter julle (minus die AB supporters, en Pdivvie)! Ons glo in julle, en weet dat julle kan en gan!
May the wors be with you! #pdivviesema #boksforever #bokbfok
Geweet dit was n goeie idee om jou te volg. JYS N PROVINCE SUPPORTER!! PROOOOOVINCE!!! *Diep asem*. Elkgeval, ek dink baie mense vergeet dat Japan basies n span vol buitelanders, o.a. Suid-Afrikaners, Australiërs en Nieu-Zeelanders is. Japan betaal n plaas se prys om van ons nasie se manne in hul span te hê en ongelukkig betaal SA self nie genoeg nie sooo ek dink persoonlik dit is SEMI-te verstaande dat ons n tawwe match kon hê teen Japan, bygesê dat ons hulle heeltemal onderskat het. Mense wat sommer eweskielik die bokke afskryf, dit wys net hoe devoted hulle was in die eerste plek. Dan kry mens idiots wat dinge sê soos, “Bokke VS All Blacks at the semi-finals! Started from the bottom.” Wanneer was SA OOIT “at the bottom”??? Maak n boek oop sussie! Ek moet sê, ek stem saam met jou oor die hele gevoel van al die AB supporters wat onder SA vlag gebore en gebrou is. Dit piss my heuwig af (as ek so mooi mag praat). Ek’t n snaakse meme gesien wat sê, “So you are a South African supporting the All Blacks? Please tell me more about your Mauian heritage.” Wat my ietwat meer hartseer maak is die feit dat ek n troue op die groot dag het, ek gaan die Curry cup finals EN die semi-finals mis. Ek’t al voorgestel dat daar n big screen by die troue se onthaal is… dalk het hul my voorstel gevat. Mag die manne ons wys wat steek en daai All Blacks goed 1995-style klop. Either way staan ons saam hulle.
Sorry vir my rant op jou commenst afdeling haha.
LikeLike
Nee asseblief, RANT AWAY! 😉
LikeLiked by 1 person
Ek het n rant van my eie geblog eens op n tyd… Hulle sê mos n meisie moeniebso lelik praat nie… Mos.
LikeLiked by 1 person