Sê ek mos toe ek op ‘n vlam warm dag ‘n slukkie ys koue bier vat: “sjoe dis lekker, MA SE HARE!” Sal die een aangetroude vroumensie nie omtrent haar kop af ruk soos sy haar bose “judgmental” oë in my rigting slinger nie. Syt my een van DAAI kyke gegee, soos wat jy sal kyk na ‘n draaihaar op ‘n koekie dove seep. Ek het gevoel hoe sy na my staar en ‘n gat in my gewete brand en ekt gewonder hoekom? Masehare is tog ‘n algemene sê ding…
Anyway, so hier sit ek vanmore en terwyl ek dink aan die “KYK” raak die een harerige storie op die ander los in my gekoekte brein. Dis “weird” maar of dit nou ma se hare, pa se hare of Einstein se hare is, dit bly ‘n snaakse onderwerp. Ons almal het dit en dis nie veronderstel om “weird” te wees nie. Party het baie, ander min, party sin is lank ander kort, dit kom in natuurlike skakerings van bruin, blond en rooi. Ander mense hou weer daarvan om hul hare te kleur…
Op ‘n dag sit ‘n ou oom rustig op ‘n park bankie en bekyk die wêreld. Die volgende oomblik kom sit ‘n “punk rocker wannabe” met sulke regop hare langs hom. Die hare was allerhande reënboog kleure. Die ou oom het die mannetjie vreesaanjaend aangekyk en aangehou om na hom te staar. Later kon die bra dit nie meer hou nie en vra toe: “wat’s fout oupa, het jy nog nooit iets “radicals” gedoen nie”? Die oom het hom so gekyk en gesê: “nie rêrig nie, maar ek het een keer ‘n pappegaai gespyker toe ek gesuip was en ekt net gewonder of jy dalk my seun is”!
Nog ‘n haar storie is die een van die dogtertjie… Die sewentigs was mos die era van groot hare, “beehives” ensovoorts… So gaan die tannie haarkapper toe vir ‘n bietjie van ‘n kapsel opknap en haar vier jarige dogtertjie is al rondom die stoel waar die “oom met die slap polsies en die skerp skêr” werk. Hy raak toe se effe geirreteerd en gee vir haar ‘n tennis beskuitjie sodat sy onder sy voete moet uit kom en in die hoek kan gaan speel. Maar sy bly hier onder die stoel in voeter.
Die haar stileerder vererg homself toe heeltemal! Hy trek sy skouers terug en met sy hande langs sy sye (slapper polsies as normaalweg), kam in die een hand, skerp skêr in die ander, en sy kop so half skeef (no pun intended) sê hy: “Jy moet oppas, jy gaan hare op jou koekie kry”. Ja sê die dogtertjie: “Ek weet oom, ek gaan tieties ook kry”!
Gepraat van groot hare! Die ouderling en diaken gaan doen huisbesoek by die nuwe intrekkers met jong kinders. Die twee kerk manne het besluit hulle moet darem by die mense gaan inloer en hul verwelkom by die gemeente. Hulle het in een van daai ou Kaaps hollandse huise gebly met ‘n groot wit deur wat so geel koper pos gleuf gehad het. Die kerk manne het by die huis gekom en geklop en die klokkie gelui maar niemand het oopgemaak nie. Die vroutjie was in die bad en eers na die derde klop hoor sy toe iemand is by die deur en klim sommer net so kaal uit die bad en stap in die gang af in die rigting van die voordeur. Teen daardie tyd was die ou ouderling al taamlik ongeduldig en hy het op sy knieë gegaan, sy vinger in die pos gleuf gedruk en so half met die een oog deur geloer. Hy kon voete hoor en so halfpad sien wat aangaan en sê toe: “Hallo krulkoppie, is jou mamma tuis”?
Die masehare episode hier bo is nie die eerste keer dat ek in die moeilikheid is oor hare sê goed nie. In standerd 8 besluit ek mos dis tyd om bietjie ons nuwe Skeinat onderwyseres te toets. Ek steek toe maar my hand op en vra: “Het juffrou hol hare” (true story, ek kan nie glo ek was so verwaand nie)? Ek sien nou nog haar gesig voor my! Dit was iets tussen totale skok en verbasing, ‘n tipiese “WTF” gelaatstrek. Terwyl sy met haar vinger na die deur beduie skree sy toe: “Watse tipe vraag is dit? Kantoor toe!” Terwyl ek opstaan andwoord ek: “Nee ek vra maar net, want ek het solide hare…” Gelukkig was sy ‘n “cool” juffrou, syt gelag en net haar kop geskud. Ek het die rotang vry gespring en juffrou het haar toets geslaag…
Na baie jare loop ek die ander dag ‘n ou skool maat raak in die Pilli Pilli bar op Witsand. Ons was saam in Oakdale in my St 6 jaar. Ons het lekker ge-“reminisce” oor die goeie ou dae en hy sê toe hy sal nooit vergeet wat ek vir Glenda gesê het nie. Nou Glenda was ons Engelse onderwysseres en sy was lekker! Sy was vol persoonlikheid en “smiles” met sulke rooi lippe en so bos vurige rooi hare. Almal was verlief op haar, sy was versteek seker die onderwerp van menige man se wildste fantasieë.
Ek kon nie onthou nie, maar was klaar bekommerd oor wat kom. Ek onthou vir Glenda baie goed, hoe kan man haar vergeet, maar wat ek kwyt geraak het…? Blykbaar het ek vir haar gesê: “Ja mam but remembers, a redhead dat does not stick, her hair must be dyed” (Dit was my beste Ingels vir “‘n Rooikop wat nie st**k nie se hare is gedye”). Syt dit ook net afgelag, “legend”! Persoonlik dink ek my vriend verwar my met iemand anders…
Hulle vertel die storie van die mooi blonde sekretaresse wat die heel tyd “human resources” toe gehardloop het met ‘n klagte dat een van haar manlike kollegas haar “harass”. Blykbaar kom die man elke more by haar staan, dan leen hy so na haar kant toe en vat ‘n diep teug lug deur sy neusgate terwyk hy ruik en sê: “Sjoe maar jou hare ruik lekker”. Sy sê as hy so kop so agteroor gooi en sy neusgate “flare” lyk hy partykeer kompleet soos ‘n bokkie wat ‘n groot kat (soos ‘n leeu) ruik…
Na verskeie klagtes raak die HR manager toe redelik keelvol en vra op ‘n dag wat nou so erg daar aan is om elke dag ‘n kompliment te kry. Nee sê die blondine dit dou seker nie ‘n probleem gewees het nie, maar haar kollega is Manie… die midget!
Op skool was daar verkeie manne wat hul byname direk vanaf hul haar kleur te danke het. Die bruin en blonde koppe het altyd die ligste afgekom, maar die rooi koppe, hulle het houe gevat. Die arme gemmers kon geen bynaam of aanmerking vryspring nie. Ons het ‘n paar op skool gehad en byname het gewissel van “Carrot” tot Rooi Koos (hy was eintlik Piet), Lighter, Vlam en Sand. Carrot moes eintlik Wortel gewees het, maar ‘n ander gemmer het die naam klaar gehad. Dis ook nie asof jy nou kan praat van klein Wortel en groot Wortel nie. Mens kan Vlam en Lighter nog verstaan, maar hoe dink jy het Sand sy naam gekry.? Dit was vir “bring die water bring die SAND, Gert se kop is aan die brand”!
Toe my vrou (toe nog my meisie) verjaar stuur ek een keer vir haar ‘n “happy birthday” boodskap op Radio Houtstok (die voorloper vir Bokradio). Die boodskap was: “Rene’ baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy so oud word dat jou hol hare jou spore doodvee…”. Wimpie lees toe die boodskap: “Rene’ baie geluk met…” En hy pause… Toe giggel hy en probeer weer: “Rene’ baie geluk met jou verjaarsdag, mag… maar hy kry dit nie oor sy lippe nie, natuurlik nog onseker ook of hy dit mag sê oor die draadloos. Nou lag hy en sê toe: “Rene’, baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy… mag jy, so… “MAG JY BAIE OUD WORD!”
Hare doen snaakse goed met jou hoe ouer jy word. Op my kop het hulle verdwyn en ek het so lastige klossie op die skof by gekry. Vertel altyd vir mense dis die wat van die kop af geval het wat sommer nou daar groei. Sê ‘n man die ander dag nee maar eintlik het hul van onder af op getrek!
MASEHARE, daai kyk onstel my nog steeds! Eks nou nog nie oor dit nie, sy kan bly wees eks so beskaaf en opgevoed. Ek ek bedoel, ek kon Ma Se Poe…lisieperd gesê het!