groot VIS stories

Ek onthou as kind was daar een keer ‘n getekende spotprent in die huisgenoot. Twee vissermansvroue sit en gesels in die sitkamer terwyl hul tee drink. Bo die een vrou se kop was ‘n bubble met ‘n pyltjie na haar mond wat sê: “hier kom hy alweer met een van sy groot vis stories”! Die ander dame het haar kop so half agteroor gegooi en uit haar maag gelag, so asof sy presies geweet het waarvan haar vriendin praat.

Buite die huis in die agtergrond kom ‘n baie selfvoldane man met ‘n visstok oor sy skouer aangestap. Hyt ‘n huppel in die knuppel, jy kan sommer sien die ou blom van die trots en hy is all “smiles & giggles”. Agter hom staan ‘n trok geparkeer met ‘n walvis op!

 

Die prentjie het my altyd bygebly. Ons as vistermanne hou darem maar daarvan om ‘n storie te vertel. En ons las mos maar altyd ‘n paar ponde of duime by net om die storie meer en beter as die vorige ou se storie te maak. ‘n Groot vis storie is amper iets tussen ‘n spook storie en ‘n stront storie. Jy kan dit amper glo en wil-wil maar dit klink darem partykeer net te goed om waar te wees.

Hier volg ‘n paar…

 

Die ratel visserman

Hulle (ek sal graag eendag vir hulle wil ontmoed) vertel die storie van die visserman wat aan die einde van ‘n lang dag by sy tent aangekom het. Hy het die heel dag niks gevang het nie en was vrek van die honger. Al wat hy gehad het om te eet was beskuit met koffie en kondensmelk.

Binne sy tent betrap hy toe ‘n ratel wat die hele plek omgedop het. Gelukkig het hy die koffie en beskuit uitgelos maar die kondensmelk was vir hom soos heuning. Hy was besig om die halwe blik op sy linker poot te laat uitloop toe die man die tent in stap.

Na ‘n gespring en ‘n geskarrel en ‘n voertsêk hardloop die ratel toe die tent uit. Maar nie soos ‘n gewone dier nie, met drie pote soos ‘n beenaf hond. Hy het sy linker poot in die lug gehou, so asof hy die wit soet goed wou hou vir later.

Tot vandag toe weet die man nie hoekom hy besluit het om die ratel te agtervolg nie, maar die manier hoe hy gehol het het hom “intrigue”. Die tent was nie vêr van die rivier nie en daar aangekom het die ratel gaan staan met sy poot in die lug. Die visserman het agter ‘n kakiebos weggekruip en die storie bekyk.

Soos hy sy poot in die lig hou kom daar toe al wat ‘n insek is nader gevlieg. Ons praat vlieë, groot groen brommers, bye, motte, vlieende termiete en ‘n rooi naaldekoker. Soos wat die goggas op sy poot gaan sit raak hul verstrengel en plak vas aan die ratel se taai poot. Daai poot het later so baie vlappende vlerke op gehad dat die ratel se voete kort kort van die grond gelig het soos wat die goed probeer weg vlieg.

Wat volgende gebreur het het die twee ogies in die kakiebos se bek so groot laat oop hang dat hy self ‘n paar goggas gevang het. Die ratel vat toe sy poot vol zoemende lewe en druk dit in die rivier. Daar kom toe al wat ‘n vis is aangeswem om te kom aas aan die feesmaal. Geelvisse, Karpe, Moddervisse, Moggels en ‘n Baber! Kort kort het die ratel ‘n vis met sy regter poot geklap tot op die rivier se oewer. Die baber was te groot om te klap, hyt hom sommer aan die snor gebyt en uitgetrek.

Nadat hy genoeg vis gevang het het hy dood luiters uitgestap en begin om homself dik te vreet aan al die vis. Met sy pens vol het hy opgekyk na die kakiebos en twee geelvisse, ‘n moggel en die baber (nie eers ‘n ratel vreet baber nie) eenkant toe geskuif. Toe beduie hy met sy poot na die vis, draai om en verwdyn in die vlakte. Dit was asof hy wou dankie sê vir die kondensmelk!

 

Gatiep se Willys

Ons almal ken die storie van Gatiep wat by Maraai gekom het en hom vertel het van die twee meter snoek wat hy gevang het. Maraai het hom so staan en kyk toe sê sy… “Jy sal my nie glo nie (dis gewoonlik ‘n teken dat daar strooi oppad is) maar die ander dag toe duik ons hier agter die eiland. EN, jy sal my nie glo nie (as dit die tweede keer uikom kan jy weet dis stront) maar daar op die bodem staan ‘n ou army Willys Jeep.

“Nee!” sê Gatiepie. “Ja!” sê Maraai

Maar jy gaan my nie glo nie, (‘n derde keer is ‘n teken van absolute kak) die Jeep… Die Jeep se ligte brand nog! Nee sê Gatiepie maar hy kan dit nie glo nie, dis mos nie moontlik nie man. “Nou ma toe” sê Maraai, “trek jy 1 meter van daai Snoek af”, “dan sit ek die Jeep se ligte af”!

 

Hoe?

Hul vertel die storie van die twee Indiane, Piet en Koos (excuse the lack of originality), wat staan en vis vang het op die oewer van die Colorado rivier in Amerika. Hulle is mos maar stil mense, sê gewoonlik fokol, rook net pyp. Die twee ou vrinne het heel rustig so paar meter van mekaar gestaan met bamboes stokke in hul hande.

So kry Piet een helse byt en hy kap en dis die kant toe en daai kant toe. Na ‘n lang gespook vang hy toe ‘n regte egte blonde meermin met die mooiste paar boobs. Haar hare was nat en het water oor haar hele lyf gedrup. Die druppels op haar kaal bolyf het eroties on die vroeë ogged son geskitter. Syt met sagte blou oë na hom gestaar terwyl haar stert saggies op die ronde rivier klippe klap. Sy was asem rowend en perfek (behalwe vir die 5’O mustad kendal round hoek wat aan haar lip gehang het).

Piet het haar op en af bekyk voordat hy versigtig (‘n meermin het skerp tande) die hoek uit haar lip verwyder het. Toe tel hy haar op en lê haar rugkant eerste terug in die water. Nogal so ewe haar vorentoe en agtertoe aan die stert getrek om seker te maak sy word oordentlik “revive”(seker vir oulaas bietjie tiet ook gekyk)! Toe hy voel sy het genoeg skop het hy haar laat gaan deur haar stadig na dieper water te stoot. Syt omgedraai, gewaai en weg gesink in die rivier.

Koos het so teug aan sy pyp gevat, toe vra hy stadig, “Hoekom?”

Waarop Piet net geandwoord het terwyl hy sy skouers op trek, “Hoe?”

 

Lip Land

Die man het gaan visvang by Gouritzmond. Hy het heel dag niks gekry nie maar net voor hy wou oppak vang hy ‘n klein Elfie. Hy besluit toe net daar hy gaan sommer die ding lewendig aan die hoek sit want hy wil darem ietsie meer substansieel vang. Hy het ‘n groot meisie gehad wat honger was en sy sou die elf alleen op geëet het en dan moes hy honger gaan slaap. Gelukkig was hy ‘n kort maer mannetjie wat nie veel nodig gehad het nie. Met ‘n lepeltjie suiker en ‘n bietjie liefde kon hy vir dae hou!

Die elfie was hardegat en hyt gesukkel om hom met die hoek gehak te kry, maar uiteindelik kon hy darem sy lyn in die water gooi. Dit het nie lank gevat nie toe sak sy stok. Lyn het van die Penn 49 afgestroom en sy stok het ‘n reuse sekel gevorm soos die vis baklei het. Vorentoe en agtertoe, die kant toe dan daai kant toe. Dit was ‘n enorme geveg en hy was bang dat sy stok gaan breek maar hyt geklou met als wat hy gehad het.

Terwyl hy gespook het het hy aan sy meisie gedink en hoe hy gesukkel het om haar te kry om “ja” te sê. Sy was lief vir hom en hy was lief vir haar maar sy wou van trou niks weet nie. Ook niks se gekafoefel onder die lakens nie, nie voor sy nie “I Do” gesê het nie. So hy was effe ge-f…. snoeker. Haar bynaam was Nuweland, want sy was net so groot, jy kon haar nie omhels nie, jy moes haar omsingel. Hy moes eers vir haar (en haar ma) wys dat hy vir haar kan sorg voor hulle kon trou koek sny. So ‘n vis sou haar vreeslik beindruk het en as hy hom kon land sou hulle darem vir teminste twee dae kos gehad het.

‘n Uur later was die vis in die vlak water naby hom en hy kon sien dat dit ‘n reuse silwer Kabeljou was. Stadig werk nou want hier teen die kant is waar die meeste vis verloor word. Hyt hom mooi versigtig gespeel tot teen sy voete en toe met die gaff gegaffel en op die droë land uitgesleep. Dit was ‘n “huge” vis wat langer as hy was.

Toe hy nader stap om die hoek uit die vis se bêk te verwyder sien hy maar die kabeljou is nie eers met die hoek gehak nie. Die klein Elfie het die kabeljou gebyt aan die lip en die heel tyd gehou terwyl hy gespook het. Hy kon nie glo wat hy gesien het nie en het probeer om die vissie te verwyder, maar niks makie. Sy bêk was toe en hyt so hard gebyt dat sy wange soos die Chappies Chipmunk sin gestaan het. Eers ‘n paar minute later toe hy sy bek oopgemaak om asem te haal kon hy die vissie van die Kabeljou af kry.

So vis verdien sy vryheid het hy gedink en hy het die hoek versigtig uit sy rug verwyder en hom laat gaan. Terwyl die Elfie weg swem het het hy gedink aan die omhelsing en vet soen wat hy gaan kry as hy by die huis kom. Toe wonder hy, as hy vannaand sy liefde so liggies aan die lip byt, dalk net dalk, kan hy haar ook land…

 

Deel van vis vang is die stories. Elke hengel uitstappie het die potensiaal om ‘n nuwe groot vis storie op te lewer. Dit maak nie saak of jy hier en daar ‘n paar cm of ponde by las nie, solank jy net die stories vertel!

7 thoughts on “groot VIS stories

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s