In st4 Engelse klas, vra ons juffrou ek moet die woord “8” op die bord gaan skryf. Ek staan toe op en skryf in my beste krap styl “YT” teen die groen bord (hy was nie swart nie, hy was groen). Al die kinders het gelag want hulle het gedink Isak is alweer besig om kaartman te speel. Die juffrou het my ‘n kans gegee om my fout reg te maak, maar ek het regtig nie geweet hoe om “EIGHT” te spel nie. So hou ek myself toe maar dom en maak of ek vermakerig is. Hoe het ‘n enkel syfer “anyway” ‘n vyf letter woord geword?
Vir my grappie het ek drie van die bestes gekry, sommer by die juffrou voor al my klasmaats. Sy het nie nonsens gevat nie! My hol het gebrand en ek kon nie eers huil nie, nie voor die meisies nie. Dit was seer maar dit was beter om die pyn te vat, as die emotionele wonde wat ek sou hê as my maatjies moes uitvind ek kan nie spel nie.
Nou moet ek ook sê, ek het so effe gerebelleer teen Engels en teen spel, maar meer teen die simpel “soutie” taal. Ek wou nie die taal van die rooi nekke praat nie, en nog minder dit spel. Jyt in elk geval net “yes, no, please en f*** off”, nodig gehad om oor die weg te kom. Min het ek geweet dat eendag gaan ek daagliks meer in Engels kommunikeer as in Afrikaans. Vandag skryf ek meeste van my eposse in Engels en tot my “blog” is Brits. Wat natuurlik baie help deesdae is “spell check”, so daar is nie meer te veel foute in Engels nie. Dis ook hoekom ek meer goed in Engels skryf.
Maar, Afrikaans is so lekker taal, en daarom skryf ek my ander stories in my moeder tong. Ek kan sien hoe die puriste hul vervies oor die anglisisme hier bo, maar ek “worry” nie veel nie. MY Afrikaans is vol van ‘n taal ge”mix”ery en anglisismes en heelwaarskynlik spelfoute, en en en. Ek skryf soos ek praat, “deal with it”!
So loop hy ma
visblik
Ek was ‘b kwaai Afrikaanse juffrou en nou mis ek net so lekker… ek kan tot awesome spel en sex lees nie so lekker in Afrikaans nie.
LikeLiked by 1 person
Janee… Afrikaans is nie die beste hygromanistiese taal nie! Hoes daai vir ‘n groot woord 😉
LikeLiked by 1 person
Erg korrekte woord…
LikeLike
Oeg ek sukkel ook maar met die SUIWERE Afrikaans jong. My ma is ‘n boere-hippy gewees en my pa ‘n engelse biker, so go figure!
Ag, en my hart is sommer seer oor klein Isak hoor…
LikeLiked by 1 person
Janee, spel is nogsteeds nie ‘n sterkpunt nie. Maar solank ons kan kommunikeer, op watookal manier, is ek…happy!
LikeLiked by 1 person
Presies, die wat my MOET verstaan, verstaan my.
LikeLike