Karp vang op Elandsbaai

Julle ken mos die grap van Jan Van Der Merwe en sy vriend Koos wat gaan hengel het… Terwyl Jan besig is om aas aan te sit vra hy, “Koos het jy al gegooi?” Toe andwoord Koos, “Nee, ek soek nog die glase!” Dis mos ‘n hengelaar op sy beste. ‘n Visserman vang mos vis en ‘n hengelaar vang stront aan.

Ek dink (en hoop) ek’s ‘n visserman, maar ek het self al ‘n paar hengel ondervindings gehad. Een oggend, seker so twee uur, na ‘n mase makietie op Lambertsbaai besluit ons dis nou tyd om vis te gaan vang. Dit was ‘n droë jaar en die Verlorenvlei het maar min water in gehad. Dit het ons egter nie gepla nie, as man wil vis, wil jy vis!

Bokkies wou nog skuur teen Petru perd, hy het “after all” ‘n half bottel Makador in haar “invest”. Petru was nou nie ‘n “oil painting” nie, maar aangesien Bokkies self nie teruggehou het met die Makador nie was sy vir hom die mooiste mens wat hy in sy hele lewe gesien het. Sy was sommer soen mooi! Maar daar is net een lus groter as vry en dis die visvang lus en toe hy hoor ons gaan karp vang op Elandsbaai, toe klim hy, net daar op die bakkie.

Ons het vinnig gestop by die karavaan park om sy 14 voet stok en Penn 49 op te tel. Deon het ‘n bottel “Captain” by sy pa “geleen” en ek het by ons agterdeur ingeglip opsoek na bruin brood, ‘n blikkie heelpit mielies en my Worsie Visser mix tape. Met “n Lekker Ou Jan” wat die vlaktes in weergalm het, het ons die stukke ingesit teen die grondpad af oppad Elands toe.

Net verby die Muisbosskerm het ons natuurlik eers gestop om ‘n dop te gooi en ‘n skyf te rook. Met die wegtrek moes ons natuurlik eers bietjie spin. “Hulle” sê mos rum is van “pantys” en “tyres” gemaak, want as jy dit gedrink het wil jy net spyker en spin. En met die dat Bokkies vir Petru in die baai moes los, het hy toe maar meer op spin gefokus. So spin spin, en sluk sluk, het ons verder gery en gesing, “Wie maak vir Lambersbaai lekker”!

Net oor die treinspoor moes ons eers stop om ons self te verlig van ernstige blaas druk, en om nog ‘n dop te gooi, en ‘n skyf te rook. Verlig en met plat blase het ons die laaste trek ingesit Elandsbaai toe. Deon het die volume knoppie “full volume” gedraai, en met “Boesmanland vat my hand” het ons die dorp met ‘n groot gedruis ingesuiker gekom.

By die T-aansluiting moes ons eers regs, net om te gaan kyk het of die hotel nie dalk nog oop is nie. Drie uur die oggend, maar ‘n man is mos maar altyd vol hoop as jy vol wyn is. Ongelukkig (of gelukkig) was die hotel toe en kon ons uiteidelik gaan visvang. Eers by die vlei het ons voorraad gevat van ons hengel gerei. My stok en katrol het op Lamberts gebly, van ‘n koplig was daar ook geen teken nie. Gelukkig was Bokkies se stok reg en ek het aangebied om aas aan te sit. Met Bokkies se lighter wat lig maak het ek net net ‘n paar mielies op ‘n hoek geryg gekry.

Bokkies was vreeslik opdringerig om vir ons te wys hoe vêr hy kon gooi. Hy het die stok gevat, vermakerig agteroor geleen en soos ‘n pro reggemaak om tot in Koekenaap te gooi. Daar hak die stok toe in ‘n bos agter hom. Bokkies slet neer en op die katrol hardloop daar een enorme kraaines op. Toe begin Worsie met “Dikbek lang gesig”… Ons het ons holle geskeur en vyf minute later eers tot ons sleepende sinne gekom!

Gelukkig het Deon darem sy gerei onthou en kon ons nog ‘n stok regmaak. Weer het ek in die lighter lig aas aangesit en Bokkies het nog ‘n kans gekry. Die keer gooi hy toe bo oor die vlei, tot in die riete aan die ander kant. Dit het een of ander vlei hoener of bos otter vreeslik ontstel want elke keer as hy getrek het aan die lyn het iets ‘n soort kwê ge-kwê wat jy net kan hoor as jy ‘n vlakhaas se oor met ‘n draad tang knyp. Dit was vir ons bitter snaaks, maar ek neem aan jy moes daar gewees het. “Wikkel daai boude, wikkel daai boude” het Worsie saam gesing!

Hier teen half vyf het ons uiteinedik ‘n lyn in die vlei gekry. Niks het gebyt nie, nie eers die muskiete nie. Dis natuurlik hoe jy weet jys vrêk lelik, as die muskiete jou eerder byt as om jou te probeer steek. Die kaptein (Morgan) het nogal ‘n manier om goggas weg te jaag, niks wil so stink lyf steek nie. Toe Worsie se Rebecca opkom sê Bokkies, Petru laat hom aan haar dink, “Syt ‘n lyfie soos ‘n Reier en ‘n nekkie soos ‘n Pou, groot paar pote soos ‘n wille Makou, litterige tone soos ‘n veld Volstruis, omgesoomde lippe soos ‘n skeurbek Muis”.

Met “Gee die hond wind” op die draadloos het dit stadig lig begin raak. Ek en Deon was teen daai tyd so honger dat ons die brood en mielies begin vreet het. Bokkies wou niks van kos weet nie, “eating is cheating” het hy gesê!

Hy’t so geslurp aan sy kaptein skuimkop en ‘n lang stadige trek aan sy Winston gevat terwyl hy so oor die vlei tuur. Ewe skielik spring hy op en kyk stip in die rigting van die vlei. Toe sê hy, “Waars die water, hier’s dan fokol”?

Ons het heel nag op droë vlei bodem gehengel!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s