Ek was besig om die laaste vis skoon te maak wat ek vroeër die aand gevang het, toe ek ‘n ritseling hoor in die bosse bo my. Nou ek is bank vir niks, behalwe vir honderdpote, koringkrieke en ritselings in die bos! Ek was aan die onderkant van ‘n sand duin waar ek laat middag al my visgoed neergesit het.
Ons het sommer impulsief vroeër die dag besluit die kondisies lyk reg vir ‘n Kabeljoutjie of dalk ‘n laaste Gallie voor die die seisoen toe maak. Vir my is dit ‘n taamlike trek van Dunoon (waar ek werk) na Bettys Baai toe, maar dis die moeite werd. Alles maak sin as jy jou kar se deur oop maak en jy ruik die veld, die see en hoor die branders. Wanneer daai vis sak en die stok styf staan in jou hand is dit sommer net ‘n bonus.
Ek het heel rustig my koplig in die rigting van die krakende takkies gegooi en toe bebruin ek amper myself. Ek het myself in ‘n ander bloedgroep in geskrik maar nie eers my klein toontjie beweeg nie. Iets was besig om my dop te hou en dit was nie iets wat ek wil “cuddle” terwyl ek aan die slaap raak nie. Die oomblik van oog kontak was bloed stollend! Dit het net met “evil eyes” in my rigting gestaar sonder om enige klank te maak. Aan die einde van my ligstraal het twee bloed rooi oë vir my staan en gluur.
Laat middag het ek so ent teen die strand af gestap tot by ‘n plek met ‘n mooi sloep voor en sandbank aan die agter kant. Seker die middag so half ses my eerste gooi gemaak. Die water was half sewe hoog en die idee was om te hengel tot so twee ure na hoog . Op die een stok was daar vars tjokka vir ‘n Kabeljou en op die ander wonder wurm. Ek wou baie graag vir oulaas ‘n Galjoentjie vang vir die braai.
Fokit man ‘n ding met rooi oë kan mos byt! Die hare in my nek het so styf opgestaan dat party van hulle sommer uitgeval het. My hele lyf was “bubble rap”, dis soos hoender vleis net met groot knoppe! ‘n Ligte bewetjie het in my hande ontwikkel soos die adrenalien kraantjies oopgedraai word. Na ‘n paar sekondes het ek tot verhaal gekom en maar so voel voel met my voet na die aas mes begin soek. Al waaraan ek kon dink was moenie soos ‘n pikkewyn lyk nie. Die Overberg het die laaste tyd gereeld Luiperd “sightings” gehad en pikkewyne is vir hulle soos skaaptjops vir my.
Die Galjoen het homself gevang. Ekt gegooi en na ‘n ruk gesien my lyn trek darem nou vreeslik na regs. Toe ek inkatrol toe hang hy aan die hoek. ‘n Mooi vet vis van 42cm. Die Kabeljou het klip hard gesak en lekker baklei voor ek hom ‘n paar minute later geland het. Dit was ook ‘n mooi vis van 71cm wat my bek sommer laat water het. Die eerste kabeljoutjie van die seisoen word altyd gebraai en verslint met vars brood, plaas botter en vye konfyt.
Ek het probeer om met my diepste donkerste stem die ding weg te skree! Sa, Soeka en voertsek kon nie die hond haaraf maak nie. Toe proebeer ek maar FOKOF!!! So hard as wat ek kon. Een F-of, twee F-of, maar hy staan. Na die derde F-of knip hy toe wragtag sy oë, draai sy kop en verdwyn agter die duin. Weet nie wat dit was nie maar hyt soos ‘n kat beweeg. Toe besluit ek nou is my kans en wou gou my kabeljou stok uit trek toe sak daar ‘n ding.
Die ander manne het klaar gestap bakkie toe. En soos dit mos maar is, moet ek altyd die laaste stok in die water hê. Hulle het ook ‘n paar visse gevang wat die besluit om te kom hengel ‘n great besluit gemaak het. Bettys is ‘n awesome plek en gewoonlik heel veilig teen die “elemente”.
Dis nou tipies! Die een keer wat jy nie ‘n vis wil vang nie sal jy mos ‘n trek kry. Onthou nou, agter my het ek nounet ‘n ondervinging van epise proporsies gehad en nou moet ek spook aan die voor kant. Sulke tyd wens jy jyt ‘n koppie soos ‘n nag uil dat jy “360 degrees” om jou kan sien. Dit was ‘n ghaotiese katrol en om kyk besigheid maar uiteindelik kon ek darem ‘n blêrrie Spotty (Gespikkelde Sloephaai) land.
Ekt vinnig afgehak my goed gepak en ‘n toon geklap bakkie toe. Met die gedagte dat ek nie soos ‘n pikkewyn moet lyk nie het ek gesorg dat ek my knieë tot teen my bors lig terwyl ek so halwe draf stappie uitgepak het in die parkeer area se rigting. Heel tyd om gekyk al rondom my, moes seker vir ‘n vreemdeling soos ‘n haastige ligtoring gelyk het.
By die bakkie wou die manne weet hoekom ek blaas ek soos ‘n pofadder wat kwaad is. Ek was uit asem en my hard was kliphard aan die klop. Hulle het maar swaar gesluk aan die rooi oog storie. Maar ons kon darem die “funny” daarin sien en het lekker gegiggel oor die ding.
Ek weet nogsteeds nie wat dit was nie. Ek sê maar net… as jy weer hengel by Bettys… wees op die uitkyk vir die Rooi Oog Gedrog…
Hahaa..oulik geskryf! Dalk was dit ‘n rooikat.
LikeLike
Janee, ek weetie, maar ekt my gat af geskrik!
LikeLiked by 1 person