Kyk die tuin roete is mooi en al die verskillende wyn roetes in die Boland is lekker, maar nie een van hulle kan bottel vashou by die Weskus Panty Roete nie… Nie dat daar “officialy” so roete is nie, maar daar kan net sowel wees want geen bar in die weskus het nie ‘n panty of ‘n bra wat iewers hang nie. So ‘n roete sal begin by Paternoster Panty Bar en eindig in Elandsbaai Hotel. In Veldrif sien jy dalk nie ‘n bra nie, maar ek garentee jou daar hang ‘n pbom of drie op die hoek van die kroeg.
Van buite lyk die Panty Bar nie na veel nie maar stap jy in sien jy een groot poespas van deurtrekkertjies, stilettos en bloomers. Elke los stowwerige hang lappie het ‘n storie. Ek kan nooit help om te wonder oor die koekie, (of koek as ek so na die bloomer kyk) wat die stukkies lap eens op ‘n tyd van die naakte waarheid weerhou het nie.
Die bar is half “scruffy” en ruik soos ‘n wellustige konkoksie van bokkoms, pyp tabak en brandewyn. Maar die mense maak die plek, warm vriendelike lekker mense! Dis asof hulle “happy go lucky” houdings en “good vibes” die hele kroeg aansteek. As jy eers gaan sit, staan jy nie gou weer op nie en partykeer val jy sommer net daar om.
Wanneer die barman jou dop gooi is sy standaard grappie: “Hul sê mos ‘n panty is nes ‘n spietkop, altyd in die pad as jy haastig is.” Maak nie saak hoe baie jy hom al gehoor het nie, jy lag nog steeds, dis net goeie maniere. En dis leeu wêreld die en as jy ongeskik is kry jy sommer maklik pak. Moet ook nie jou “panties in a knot” kry as jy die “PKD” woorde hoor nie, dis standaard weskus taal en word hier so gereeld gebruik soos ja en amen.
Terwyl ek so aan my single G&T teug en na die dak staar (met ‘n toe bek) kan ek nie help om te dink aan die storie van Fanus Rautenbach nie. Hy was so bietjie voor my tyd, maar hy is ‘n radio legende en was blykbaar gereeld geskors oor een of ander ding wat hy kwyt geraak het oor die lug. Op ‘n dag is oom Fanus besig om versoeke te vat en daar bel ‘n meisie in met die naam Koekie Hall. Sy was bietjie te opdrigerig en ietwat tewerig en nadat sy kort geknip is sê oom Fanus glo: “Koekie Hall… hmmm, as sy buk kan jy seker haar naam en van sien!”
Die barman vertel my die gebou waar die bar vandag is was eers die ou tronk gewees wat toe ‘n bar geword het. Die panty versameling het toe al begin maar in die tagtigs is die hele versameling pantys afgetrek nadat een of ander dominee gemoan het oor die onsedelikheid daarvan. Wonder wat hy in die eerste plek in die bar gesoek het? Die gereg is toe aangesê dat die duiwelse kleding stukkies verwyder moet word. Blykbaar staan poeliesman wat veranwoordelik was vir die reiniging van die bar vandag nog as Panty Basson bekend.
Die stories loop en die G&T’s vloei. Gooi maar nog een vra ek, maak dit ‘n dubbel jy is dan nou so opgrigerig… Hy het niks gesê nie.
So vertel oom Tolla ‘n storie van van die honeymoon couple wat op Paternoster kom vakansie hou het. Blykbaar het hulle op die strand gelê toe ‘n klomp sand vlooie hulle pak. Vertel hy: “‘n vlooi het mos ‘n manier om na al wat ‘n donker plek is te vlug”, “geen kloof is veilig nie”, seg hy. Met ‘n geskarrel en ‘n gespring en ‘n gekrap en sulke kort benoude gilletjies het hulle tot by die kafeetjie langs die bar gevorder. Die man pluk daar van die rak af die eerste en beste blik Doom wat hy in die hande kan kry. “For crawling insects” nogal! Met die meisietjie wat krap-klap en rondspring het hy haar toe bespuit met die blik gif en veral rondom die “klowe” gefokus. Terwyl die storie homself afspeel loop daar so opgeskote kreef smous verby wat hang aan ‘n half kan vaal japie. Hyt die storie so gekyk met ‘n walm gesê: “Kyk hie, djy moet nou nie iets dood spuit wat djy weer vannaand gaan nodig kry nie…”
Nog een? vra die barman. Fokit ek weet nie wat aangaan nie, daars ‘n gat in my glas. OK loopdop, ek moet fkof ekt ‘n vrou en kinders by die huis pleit ek. Maar opstaan is moeilik jys te bang jy mis iets.
Dana Snyman het ook ‘n storie geskryf oor ‘n ding wat een aand in die bar afgespeel het. Ek kan ook nou nie al die details onhou nie, maar dit was blykbaar op ‘n stil (of sal ek eerder sê stiller as gewoonlik) Vrydag aand. ‘n Paar van die gesoute harde baarde was nog besig om grappe en ou sout stories te vertel toe ‘n mooi blonde kind met blou oë en sonbril in die hare, al huilende die bar binne val. Vol trane en gesmeerde maskara het sy haarself by die bar neergeplak en so tussen die snot en snik deur ‘n “dubble G&T” in Brits bestel. Stilte het oor die remoer by die hoek tafeltjie gedaal en almal het in die rigting van die engel met die gebreekte vlerk gestaar.
Sy was duidelik bitter hartseer en een van die ooms besluit toe om hom oor haar te ontferm. Deels omdat sy ontsteld was maar ook omdat sy lekker was en sulke “geleenthede” kom nie elke dag oor jou pad nie. You never know! Hy het opgestaan, na haar gestap en met sy netjies gevoude sakdoek na haar beduie en gevra: “Wat is fout meisietjie?” Terwyl sy die sakdoek vat andwoord sy: “Pardon?”
Skielik was dit dood stil want die oom het haar net met ‘n vaal verlate uitdrukking in die gesig geandwoord. Deels omdat haar sagte blou oë hom half verlam gelaat het, maar ook omdat hy fokol engels kon praat. “Pardon me, excuse me?” het sy verboureerd gevra. Om ‘n gesprek met haar te hê sou maar knor maar hy het na elke engelse woord in sy kop gegryp en in elk geval probeer: “Yous ok?” Het hy so deur die baard geprewel.
Sy’t geandwoord: “Yes…No…Yes…….No”. Sy was onseker en wou nie eintlik met die wild vreemde oom praat nie maar aan die anker kant wou sy tog net met iemand praat en daar was niemand anders as die orige oomie nie. Al het hy haar net probeer opchat was sy baard en kool ore presies wat sy nou nodig gehad het.
“What happen?” het hy weer probeer. Dis toe dat sy lostrek en begin praat, so dat hy haar later moes stil maak om nog ‘n G&T en ‘n vuil coke te bestel. Die aanhoudende gepraat het hom nie gepla nie, hy’t anyway net die helfte verstaan en hoe minder hy hoef te sê het hoe beter. Met verskeie o’s en ah’s en hm’s en ha’s het hy aandagtig geluister en probeer verstaan. Hyt hom actually rêrig oor die kind ontferm.
Soos hy verstaan het was hulle ‘n couple van Kaapvlei (dis die hele Kaap) wat op Paternoster was vir ‘n weekend away. Hulle het bietjie issues gehad en was in die west coast om dinge te probeer uitsort. Als het goed gegaan tot na die 2de bottel Chardonnay en toe raak hulle weer aan die fight en nou sit sy hier. Haar boyfriend was seker iewers op die beach.
Die oom wou rêrig help en het haar so gekyk en in sy beste gebroke Ingels gesê: “Meisietjie, if I was yous, I would sorg that my kant is clean…”
Ek is laat huis toe! Al wat ek kan sê is gaan maak ‘n draai, bestel ‘n G&T en gooi jou Panty of jou bra (of sommer jou panty en jou bra) teen die dak. When in Pater, do like the Nosters!

Sug… ek het ook so fototjie… bly ek hoef nie onder daai vuil onderklere te sit nie
LikeLike
Dis net vuil tot na die tweede koue…
LikeLiked by 1 person