Misverstand op Misverstand

Ons het besluit ons moet 'n slag gaan kyk wat swem in Misverstand dam. Na 'n bietjie navorsing en rondvrae het ons twee regte pap swaai visse in gedagte gehad. Karp en Baber sou daar gevang word. Al was dit middel Augustus en nog vrek koud in die aande het ons besluit om te kamp. … Continue reading Misverstand op Misverstand

Theewaterskloof dam duikers

Featured

Een aand ry ons deur Theewaterskloof dam toe om te gaan visvang. Dit was weer een van daai aande wat rustig begin het en toe raak ons aan die visvang praat. Voor ons ons kon kry was die stokke gepak en was ons by die BP besig om "cheese grillers" te koop vir padkos. Dis sommer vinnig … Continue reading Theewaterskloof dam duikers

Die Panty Bar

Featured

Kyk die tuin roete is mooi en al die verskillende wyn roetes in die Boland is lekker, maar nie een van hulle kan bottel vashou by die Weskus Panty Roete nie. Daar is nie offisieel so roete nie, maar daar kan net sowel wees want geen bar aan die weskus het nie 'n panty of … Continue reading Die Panty Bar