Visvang is beter as seks

Visvang is versteekseker beter as seks! Hier volg 31 redes hoekom…

  • Jy hoef nooit jou oë toe te maak om jouself te verbeel jy vang saam met iemand anders vis nie.
  • Die internet geskiedenis hoef nooit afgevee te word nadat jy 2 minute op ‘n visvang webtuiste was nie.
  • Dis heel aanvaarbaar om van tyd tot tyd iemand te betaal om jou bietjie meer touwys te maak, en jou te wys waar, en hoe David die wortels begrawe het.
  • Die tien gebooie sê niks oor visvang nie.
  • As jou pêl ‘n video maak terwyl julle visvang hoef jy nie te worry dat dit een of ander tyd op die internet gaan opduik nie.
  • Die enigste beskerming wat jy nodig het is jou hoed en sonbrand goed.
  • Jou visvang buddy raak nie die moer in as jy saam met ander mense ‘n lyn natmaak nie.
  • Jou visvang maat raak nie kwaad oor, en verwys nie heeltyd na vorige visvang partners wat jy gehad het nie.
  • Niemand gee om as jy saam met ‘n totale vreemdeling visvang nie.
  • Jy hoef nie pas getroud te wees om ‘n vakansie te reel sodat jy jou gunsteling aktiwiteit kan doen nie.
  • Jy kan verskillende hengel tegnieke en aspekte met die dominee bespreek.
  • Jou beste visvang fotos kan vir jou ma gewys word.
  • As jou gereelde visvang pêl nie beskikbaar is nie, kan jy maklik opsie nommer 2, 3 of 4 bel en niemand raak kwaad nie.
  • Die NG Kerk verban jou nie as jy saam met mense van dieselfde geslag visvang nie.
  • Niemand sê jy gaan hare op jou hande kry en blind raak as jy op jou eie visvang nie.
  • As jy van ‘n profesionele hengelaar gebruik maak hoef jy nie die heel tyd te worry dat hy dalk ‘n “undercover” polisieman is nie.
  • Die lengte van jou stok maak nie saak nie en jy kan met ‘n pap stok visvang.
  • Jy hoef nie tot 12uur op ‘n Saterdag aand te wag om ‘n visvang program op E-tv te kyk nie. Jy hoef ook nie die tv sagter te sit as die spelers begin joh joh joh nie…
  • Dis heel aanvaarbaar om iets langs die water te sê soos: “Hys klein maar hy stink soos ‘n grote”.
  • Jy hoef nie in een of ander “shaky” buurt in ‘n agter straatjie by die agterdeur in te glip om hengel tydskrifte en dvd’s te koop nie, en jy hoef hulle nie onder die matras weg te steek nie.
  • Jy kan by die werk ‘n visvang kalender ophang, visvang grappies vertel en kolegas nooi om saam met jou te kom, sonder om gedagvaar te word.
  • Daar bestaan nie iets soos HOS (Hengel Oordraagbare Siektes) nie. Daar is wel iets soos VOK (Visvang Obsesiewe Kompulsie) en dis vreeslik aan steeklik maar gelukkig nie ongesond nie.
  • Niemand verwag van jou om saam met die selfde mens vis te vang vir die res van jou lewe nie en jy hoef nie visvang op te gee as jou hengel maat belangstelling verloor nie.
  • Visvang is goed vir ‘n kopseer.
  • Niemand sal ooit sê jy moet eers stort en jou tande borsel voor jy kan visvang nie.
  • Jou hengel maat sal nooit, “Wat? Alweer! Ons het dan laas maand gehengel’ of “Is visvang al waaraan jy die heeltyd dink!” kwyt raak nie.
  • Niemand worry as ‘n hele groep saam hengel nie. Om die waarheid te sê, hoe meer piele hoe meer vreugde.
  • Vet lelike mense vang net so baie vis soos mooi maer mense.
  • Jy kan visvang op die strand sonder dat jou hol vol sand raak.
  • “Catch & Release” word aanbeveel en jy hoef nie die vis te soen voor jy hom laat gaan nie.
  • As jy iemand sien wat goed visvang hoef jy nie skuldig te voel as jy fantaseer dat julle dalk eendag saam kan visvang nie.

 

Voel vry om nog redes in die “comments” by te voeg…

 

Stywe lyne!

Blik

One thought on “Visvang is beter as seks

  1. Bwahahaha – ek wou eers dink jy het duidelik nog nie goeie seks gehad nie, maar toe lees ek, en ek moet teensinnig toegee jy het ‘n punt beet. Al is dit ook nou net ‘n stok se punt 😉

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s