Theewaterskloof dam duikers

Een aand ry ons deur Theewaterskloof dam toe om te gaan visvang. Dit was weer een van daai aande wat rustig begin het en toe raak ons aan die visvang praat. Voor ons ons kon kry was die stokke gepak en was ons by die BP besig om “cheese grillers” te koop vir padkos. Dis sommer vinnig van Stellies af Franchhoek toe en dan is dit net deur die Franchoek pas. Voor Villiersdorp is dit regs en dan dadelik weer regs tot by die dam se ingang.

So ry ons toe deur Franschoek, draai by die Franse Taal Monument regs en verdwaal so bietjie. Na ‘n lang draai kom ons weer by die Monument verby. Donovan sê nogal terwyl ons teen die pas op ry, “dis nie die Franse Taal Monument nie, dis die Huisgenoot Monument, of so iets”. “Iets te doen met ‘n “Noot”, sê hy. “Gepraat van noot”, sê ek, “gaan ons nou nooit weer pie nie?”

Ons stop toe by een van die aftrek plekke. Verlig onsself en rook ‘n kameel. Ek’s toe heel beskaaf en probeer al die “pie” papiere en chips pakkies weggooi. Maar die flippen dromme daar op die berg is mos ge-“baboon proof”. Bobbejaan bestand! Anders kom die bojane en dop al wat ‘n drom is om en hulle bemors die hele wêreld. Wel, daai aand was die drom Blikkies-proof, want na ‘n laaang gesukkel het ek maar moed opgegee. Kon hom net nie oopkry nie!

Terwyl man so na die vis water toe ry en met ‘n tong wat hoeka los is, kom die ongelooflikste stories uit. Standaard visse raak ewe skielik vangste van ‘n leeftyd. Gewone klub rugbyspelers raak skielik Springbokke. Die stories het geloop! Ons het mekaar net herhinner aan hoe goed ons nou eintlik was. Ek was ‘n vurige flank wat al vir Thinus Linee plat geduik het. Donovan het een keer vir Doppies La Grange ge-“side step”. Hoe langer die pad geword het hoe meer en beter was ons.

Toe ons by die dam aan kom het die wind mal gewaai. Vis sou daar nie vannaand gevang word nie en ons het maar besluit om ‘n tent te probeer opslaan. Daar was reeds een voertuig en ‘n tent wat die wind trotseer het. ‘n Ford Cortina met “mags” en ‘n CY nommer plaat. “True story”, jy kan dit nie opmaak nie, al wil jy. Ons het nooit die dam duikers ontmoed nie, hulle was toe al reeds tussen die lakens. Of sal ek sê tussen die slaapsak en die grond seil.

Ons was nie hier vir ‘n lang tyd nie, ons was hier vir ‘n lekker tyd en het besluit om ons tent wind af van die bure op te slaan. Daar sou heel waarskynlik geremoer word en ons wou nie ons bure te veel steur nie. Eks nou nie die grootste kamper nie en tent opslaan is moeilik en ‘n probleem. Probeer dit met ‘n paar wyne agter die blad en in ‘n storm sterk wind. Dit was belaglik maar na ‘n gesukkel het ons uiteindelik stelling ingeneem, man man met ‘n vars dubbel! Ons het die tent se deur halfpad oopgezip dat ons sosiaal kon verkeer terwyl ons die nag klanke in neem.

Dit het begin met ‘n giggel. Ekt eers gedog ek verbeel my, maar toe hoor ons dit weer, duidelik. ‘n Lekker giggel soos ‘n meisie wat tussen die twee groot tone gekielie word. “Iemand is ogewonde”, het ek vir Donovan gesê. Ons het in afwagting sit en luister of iets die giggel gaan volg maar toe niks gebeur nie het ons maar verder gekuier.

‘n Paar “OE’s”en “A’s” het vanaf ons bure na ons gewaai. Saggerig, dog duidelik! Die was nie onaangname oe’s en a’s nie, dit was paar klanke. Nie die paniekerige klanke van iemand wat op ‘n slang getrap het nie, meer soos iemand wat aan een gevat het. Ek en Donovan het sagter gepraat en meer aandagtig geluister na die besigheid wat windop afspeel. “Nou gaan dit lekker”, het Donovan opgemerk. Die aanmerking het my aan die giggel gehad. Nie ‘n harde giggel nie, meer ‘n skelm een, van daai met ‘n toe mond deur jou neus.

Ek sweer hulle moes geweet het ons is daar. Ons was hoeka raserig toe ons daar aangekom het en met die tent opslanery het dit ook maar knersend en swetsend gegaan. Veral toe Donovan sy duim tussen die houdstomp (het ons hammer vergeet) en ‘n tent pen gekry het. Ons teenwoordigheid het hulle duidelik nie gepla nie.

Dit was nou ook nie asof ons hulle staan en afluister het nie. Die hassies het geraas! Ons het maar net daar gesit en sluk aan die erotiese klanke wat na ons gewaai word. Die OE’s het al hoër en die A’s al harder geword. Toe weet ek, hier “kom” ‘n ding!

‘n Lang harde “AAAA” en ‘n hygende “OEEEEE” het ons altwee deur die neus aan die rinnik gehad! “Nout hy klaar gemaak”, sê ek in my platste Namakwaland aksent! Ons het skelm vir mekaar ge-“smile”, ge-“cheers” en ‘n teug aan ons vuil cokes gevat. Lekker man, lekker! Ons luister verder maar skielik was dit weer stil. Al wat jy hoor is die wind.

Die volgende oomblik, sê ons buurvrou met so skril fluister stemmetjie, “Sit hom in die valetjie”…

Neewat… fok dit! Alle inhibisie by die tent se voordeur uit. My mond het ontplot en ek het uit my maag uit ‘n lag gebrul. Donovan het op sy rug geval. Ekt sommer net daar vooroor gerol en in ‘n bolletjie my hol geskeur (no pun intended). Die trane het geloop. Ons kon nie ophou lag nie, nie eers om ons glase vol te maak nie.

Die volgende dag toe ons wakker word was ons bure weg. Ek dink hulle het ons gehoor!

6 thoughts on “Theewaterskloof dam duikers

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s