Visvang is versteekseker beter as seks! Hier volg 31 redes hoekom... Jy hoef nooit jou oë toe te maak om jouself te verbeel jy vang saam met iemand anders vis nie. Die internet geskiedenis hoef nooit afgevee te word nadat jy 2 minute op ‘n visvang webtuiste was nie. Dis heel aanvaarbaar om van tyd … Continue reading Visvang is beter as seks
Category: Afrikaans
Seesiek
Oom Tolla Van Der Merwe het altyd oor seesiek gesê, aan die begin dink jy jy gaan dood, maar aan die einde, wens jy jy gaan dood. Glo my, dit kan nie beter beskryf word nie, net die blote gedagte aan die nare aktiwiteit laat my bêk suur trek. Een oomblik dink jy nog jys "fine" … Continue reading Seesiek
Weskus Woorde
Ek sê altyd ek het leer praat aan die Suidkus en leer vloek op die Weskus. Die weskus is 'n unieke plek, daar is niks, maar tog is daar alles. Die mense maak dit, hulle lyk anders, doen goed op hul eie manier en hulle praat 'n soort taal wat jy moet hoor om te … Continue reading Weskus Woorde
Karp vang op Elandsbaai
Julle ken mos die grap van Jan Van Der Merwe en sy vriend Koos wat gaan hengel het... Terwyl Jan besig is om aas aan te sit vra hy, "Koos het jy al gegooi?" Toe andwoord Koos, "Nee, ek soek nog die glase!" Dis mos 'n hengelaar op sy beste. 'n Visserman vang mos vis … Continue reading Karp vang op Elandsbaai
#bokbefok
Saterdag speel ons die All Blacks en visvang het so bietjie afgeskuif op my prioriteitslys. Ek moet sê ek het ‘n rukkie gevat om RWC gees te vang. Na die verloor teen Japan was ek skaam kwaad vir die lewe en veral vir enige iets groen en goud. Ekt geweier om slaai te vreet vir … Continue reading #bokbefok
Perdeby
Ek sê altyd eks bang vir niks, behalwe koringkrieke, honderdpote en perdebye! Die eerste twee is net grillerig. Flippen hel, Bear Grills vreet die ander dag 'n koringkriek op Ultimate Survival. Ek weet nie hoe hy die ding nog kon vashou nie, maar toe hy hom byt, spuit die stront so groen boog. Ook maar … Continue reading Perdeby
Byname
My matriek senior, Pieter Bok (rammetjie uitnek van Garries), het my na sy kamer toe ontbied. Sy kamermaat, Mark of, Hans Khaki (windgat engelsman van die Kaap) het my net so staan en kyk. As 'n snotkop st7 laaitie was ek maar effe senuweeagtig en het nie geweet wat om te verwag nie. Die taktiek … Continue reading Byname
YT
In st4 Engelse klas, vra ons juffrou ek moet die woord "8" op die bord gaan skryf. Ek staan toe op en skryf in my beste krap styl "YT" teen die groen bord (hy was nie swart nie, hy was groen). Al die kinders het gelag want hulle het gedink Isak is alweer besig om … Continue reading YT
Stoomtrein
Ek onthou my eerste steenbras soos gister. Ek kon nie veel ouer as ses gewees het nie en ons het by Swartvlei onder die N2 brug gehengel. Dit was nog voor die opgraderings destyds en jy kon sommer net daar teen die pad stop, 'n paar prawns (eks jammer maar ekt nog nooit die … Continue reading Stoomtrein